Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Toring van Babel " deur FERDI GREYLING
" Die Toring van Babel " deur FERDI GREYLING [boodskap #64726] Wo, 10 Julie 2002 19:07 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DIE TORING VAN BABEL
Ferdi Greyling

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van Babel bou
Re: " Die Toring van Babel " deur FERDI GREYLING [boodskap #64730 is 'n antwoord op boodskap #64726] Do, 11 Julie 2002 03:23 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Diep of vlak - besluit self ...
skryf in boodskap news:3D2C869F.5040700@rogers.com...
>
> DIE TORING VAN BABEL
> Ferdi Greyling
>
> hulle kyk uit oor die land
> hulle lag hardop
> en waar hulle lag val
> groei plante van vrees
> hulle praat en hulle woorde
> marsjeer soos soldate
> deur die strate
> hulle gedagtes dra uniform
> die honde van hulle wil
> blaf langs wette
> wat soos doringdraad deur die dae span
> in hulle agterkoppe
> klik boeie inmekaar
> hulle gaan saans huistoe
> en sit agter die lessenaar van slaap
> om hulle drome skoon te maak en te olie
> hulle bou kasernes
> hulle sê daar is julle huis
> julle sal in planne woon
> julle sal apart wees
> met julle sal ons
> God 'n toring van Babel bou
>
Vorige onderwerp: " Vakansiebrief " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Liefdesonsin : 'n wiegeliedjie " deur LANGENHOVEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 11:29:41 MGT 2024